Die Vaalharts gebied is 'n vrugbare.besproeiingsvallei in die Noord Oostelike deel van die Noord Kaap
provinsie; die grootste van die nege provinsies van Suid Afrika. Van 'n klein landbou nedersetting het die
gebied oor die afgelope sewentig jaar ontwikkel tot een van Suid Afrika se belangrikste landbou
bemarkings gebiede.Produkte wat geproduseer word is pekaneute, katoen, olywe, sitrus,lusern
grondboontjies, mielies, koring, gars, appelkose, druiwe, waatlemoene en perskes. Pekaneute,
sitrus en grondboontjies se uitvoere verhoog jaarliks.
Geskiedenis:Leer meer oor die Geskiedenis van Vaalharts
Die vallei het begin as 'n besproeiingskema gedurende die 1930's. As gevolg van die depressie is
die skema begin om werksgeleenthede vir mense te skep deur hulle op besproeiingsgrond te vestig.
Die vallei is die resultaat van harde werk en toewyding. Die eerste groep boere is in 1938 gevestig en die
tweede groep in 1939. Hulle is gevestig op plase van ongeveer 25 Hektaar naby Jan Kempdorp
en Tadcaster. Na die Tweede Wereldoorlog is meer boere gevestig by Hartswater, Magagong en
Hartsvallei. Naby Taung is swart boere gevestig.
Vandag:
Die vallei is die resultaat van hardwerkende boere van nageslagte van oorspronklike boere en nuwelinge;
almal met die doel om die vrugbare grond maksimaal te ontgin. Die resultaat is 'n belangrike landbou
bemarkings gebied met produkte soos pekaneute, katoen, olywe, sitrus, lusern, grondboontjies,
mielies, koring, gars, appelkose, druiwe, waatlemoene en perskes. Pekaneute, olywe, sitrus en
grondboontjies se uitvoere verhoog jaarliks.
Toekoms:
Met vaardige, toegewyde boere en landbounavorsing is dit 'n feit dat die Vaalharts vallei 'n leidende rol sal
speel in die landbou uitvoer produkte van Suid Afrika.
Ondersoek die webblad vir inligting en bemarkingsgeleenthede van die gebied
Teken in . Deur in te teken kan u op hoogte bly van bemarkingsnuus en besigheidsgeleenthede in die gebied.
Teken in as
Produsent Insetverskaffer Landboubesigheid Verwerker
U moet in teken om die Produsente en Landbouvennote skakels te gebruik
Teken in !
|
Adverteer in die spasie