Die skema het gedurende die depressie jare tot stand gekom om 'n heenkome te vind vir duisende werklose
boere wat hul plase moes velaat a.g.v die droogte. Die eerste proefhuurders van die skema is gedurende April
1938 en 1939 toegelaat. Verdere groepe was in 1946 in die Noordkanaal gebied(Tadcaster,Hartswater en
Maggagong )en 1950 in die Weskanaal gebied(Hartsvallei en Bull Hill) gevestig.
Die eerste voorstel van 'n besproeingskema is gemaak deur Francis H.S.Orpan 'n landmeter generaal van
Griekewaland-Wes wat in 1871 deur Brittanje geannekseer is . Die anneksasie was gedoen om die
weswaartse bedrywighede van die twee Boere republieke te stuit omdat die diamantvelde aan die Vaalrivier 'n
toenemende bron van inkomste vir Kaaps regering geword het. Hy het die gebied aan die wesgrens van die
Boere republieke in plase verdeel en bevind dat die water van die Vaalrivier na die vallei gelei kon word omdat
die bed van die Vaalrivier hoër as die vallei is.Voordat Orpen die saak verder kon ondersoek het die
Griekwaland-Wes oorlog uitgebreek.
Cecil J.Rhodes wat Barkley-Wes in 1880 in Kaapse Parlement verteenwoordig het se imperlialistiese
ambisies was 'n verenigde suidelike Afrika onder die Britse vlag en ook 'n droom om 'n spoorlyn van die Kaap
tot Kairo te bou. Dit was vir hom belangrik dat die handelsroete oop bly. Hy stel sy saak op 16Augustus 1883 in
die Kaapse parlement. In die volgende maande slaag hy daarin om van die Republiek van Stellaland en land
Goosen ontslae te raak en plaas die hele Betjoeanaland op 23 Maart 1885 onder die Britse vlag.
Rhodes besluit om sy politieke strewes verder te volvoer deur die Tranvaalse republiek te omring sodat dit nie
weswaarts of noordwaarts kon uitbrei nie. Aan die wesgrens word plase teen 'n nominale jaarlikse erfpag
verhuur of verkoop. Op 7 Mei 1886 stel Rhodes in die parlement voor dat 'n besproeingskema wat deur Orpen
reeds in 1875 voorgestel is in die Vaalharts vallei verdere aandag moet kry. In 1882 is so 'n voorstel reeds
ondersoek ,maar a.g.v die groot koste is dit laat vaar. Net soos die 1882 voorstel het Rhodes se voorstel ook
niks opgelewer.
'n Verdere poging is op 17 Desember 1898 geloods toe H C Litchfield as ingenieur aangestel is om die
moontlikheid van so 'n skema in die gebied te ondersoek. In die staduim was dit slegs opmetings en
ondersoeke . Die ondersoeke is gestop deur die uitbreek van die Anglo-Boereoorlog.
In 1901 terwyl die oorlog nog aan die gang was het W Willocks aanbeveel dat water van die Vaalrivier
aangewend word vir die vallei. Na die oorlog is 'n departement van besproeing van die Kaap gestig en
J Gordon (Direkteur) en later die hulp van W Hurley Transvaalse direkteur , het probeer om Lichfield se verslag
van 1899 verder te voer. Elkeen het 'n verslag op gestel wat aanbeveel het dat 'n opgaardam in die Vaalrivier
gebou word.Weereens was koste 'n probleem a.g.v. die verarming gedurende die oorlog.In 1908 het
J Kenthack van die gekosilideerde staatsdiens van die vier provinsies wie in beheer was 'n demper geplaas
op die beplanning toe hy aanbeveel het dat die gebied te uitgestrek was en eerder aandag aan kleiner skemas
gegee moet word.
Na die Eerste Wêreldoorlog (1914-1918) het daar 'n aanvraag na grond ontstaan a.g.v. regeringsbeleid om
aan teruggekeerde soldate grond te voorsien. Die owerheid het besluit om die beleid uit te voer deur 'n
besproeingskema langs die Vaalrivier te ontwikkel. In 1921 word 'n opname gedoen en besluit dit moet
verder gevoer word. By die verdere ondersoek word aanbeveel dat die Hartsriviervallei(Vaalharts) by die
ondersoek betrek word. 1 April 1924 vertrek vier spanne na die gebied vir verdere ondersoek. Die landmeters
Adamson en Platt vergesel deur hul assistente Basson en v.d.Riet het 'n tyd by Border gekamp voordat hulle
na Warrenton vertrek het.
Die vallei is in 1925 vir die eerste keer intensief bestudeer. Drie spanne was betrek .1.Die Kromellenboogdam-
terrein.2 , Die Vaalrivierterrein 256 Km stroom-op.3. Die verlenging van die kanaal vanaf dam na Borderstasie
om te bepaal hoeveeel grond vir besproeing daar was. Verder is 2000 toetsgate gemaak om die grond te
ontleed.
Die plek in die Vaalrivier waar die Uitkeerwal gebou is
(Foto:Dept van Waterwese)
Gedurende 1926/27 is met beplanning van die Vaalhartsprojek begin en twee jaar later is verdere opmetings
vanaf Border tot by Taung gemaak.
Die vroeë jare dertigs was 'n donker tydperk in die geskiedenis van Suid-Afrika. Op politieke front was daar
wat gelei het tot die koalisieregering. England het die Britse pond van die goudstandaard ontrek en 'n
verplettrende droogte het die Suid Afrikaanse boere getref,terwyl 'n wêrelddepressie duisende werkloos en
verarm gelaat het. As gevolg van hierdie werkloosheid het 'n komitee in November 1933 aanbeveel dat die
Vaalhartsprojek en die Loskop-besproeingskema by Groblersdal so spoedig moontlik moet begin.
In Desember 1933 is op die plaas by Andalusia ,by Borderstasie begin om met die skoonmaak van 'n terrein
om kantore,store en huisvesting van die personeel op te rig. Die skema sou water uit die Vaaldam kry wat ook
in aanbou was en die water sou 576km stroom af vloei tot by 'n keerwal by Veertien Strome. Die nuwe skema
is in 1934 deur die parlement goedgekeur.
By die Vaaldam en Andalusia is duisende werkloses in diens geneem.Hulle moes tussen 18-45 jaar oud wees
enkellopend en medies geskik. Volle verblyf is in die sinkgeboue is voorsien.
'n Voorbeeld van die sinkgeboue wat
gebruik is vir kantore en verbyf.
Daar is gelyktydig met die - uitkeerwal(Knoppiesfonteindam) en die hoofkanaal by Veertien Strome begin,
-in die Weskanaal gebied by Andalusia, -die tonnels by Hartswater en by Taung begin. Daar is van pik en graaf
en 6 Kg hammers gebruik gemaak. Teen 1936 was die eerste deel (40Km) van die hoofkanaal voltooi. Om
12h00 16 Desember het die eerste water Andalusia bereik.
Die uitkeerwal in aanbou
(Foto's Dept Waterwese)
Die Noordkanaal is in 1940 voltooi en die Weskanaal in 1941.Die toevoer of verdelingskanale is in 1937
begin en in 1946 voltooi. Daar is altesaam 126 Km toevoerkanale en 540Km gemeenskaplike vore. Nadat die
skema voltooi is moes water 2 weke voor die tyd aangevra word. Water het nege dae van die Vaaldam tot
by die uitkeerwal geloop. Om die druk op die Vaaldam te verlig is die Bloemhofdam in 1970 voltooi.
'n Deel van die Weskanaal wat
water na Hartsvallei en Bull Hill
neem.
'n Voorbeeld van die klein vragmotors wat duisende
tonne grond en klip moes wegry en duisende tonne
sement moes aanry.
Terwyl aan die kanale gewerk was,het die Departement van Lande oordrag van gronde geneem. Daar is met
die uitleg van persele en maak van paaie begin. Teen 1938 was die eerste 80 persele gereed en aansoeke
ingewag. Aansoekers is gekeur deur 'n komitee onder voorsitterskap van die supertendent van die skema.
Die norme was:1.Gesonde persone jonger as 50 jaar. 2.Bona fide boere wat weens omstandighede buite
hul beheer hul boerdey moes verlaat. 3.Mense met 'n gesonde betrekking het normaalweg nie in aanmerking
gekom. 4.Werkloosheid was nie die enigste norm nie. 5.Daar moes geen vooruitsigte vir enige aansoeker
wees om enige grond of geld te erf nie. 6.Verder moes hulle genoeg spaargeld gehad het. Persele in blokke A
en B was eerste toegeken en indien 'n suksesvolle aansoeker geland het moes hy 'n kaartjie uit 'n kassie trek
om te bepaal watter perseel aan hom behoort.
Elke boer is van vee en produksiemidelle voorsien:1 'n Span muile. 2.Twee melkkoeie. 3.'n Wa. 4.Tuie.
5.Ploeg. 6.skoffelploeg. 7.veertandeg en kleiner gereedskap. 8.saad en kunsmis. In ruil moes die boer vir die
eerste vier jaar terwyl hy nog as proefhuurder bestempel is 'n deel van sy oeste aan die staat afstaan.
Werktuie wat deur die eerste proefhuurders
gebruik is
Hulle het ook gratis water ontvang en 'n onverhaalbare onderhoud toelaag vir die eerste agtien maande. Op die
perseel was reeds 'n huis van sement stene. (Dit het bestaan uit drie slaapkamers ,eetkamer,kombuis,spens
en badkamer). Na die proeftydperk het die boer 'n huurder geword en na vier jaar kon hy die grond koop.
Proefhuurders was aanvanklik verbied om werkers in diens te stel en almal moes maar help, selfs die kinders
na skool.
Daar is vroeg reeds besef dat die klimaat en geaardheid van die grond probleme met die verbouing van ge-
wasse kan bring en op 25 September 1935 is besluit om 'n Landbounavorsingstasie op Vaalharts te stig.
Die bouwerk en uitleg het in 1936 begin en in Februarie 1939 is H.P.D van Wijk as verantwoordelike beampte
en D.C. Wessels as skeikundige aangestel. Die grootste probleem in daardie jare was dat die wind die proef-
huurders se gewasse weg gewaai het omdat Vaalharts deel van die Kalahari streek is. Een van die aanbe-
velings deur 'n amptenaar was dat bome aangeplant moet word vir wind lanings. Die resultaat van daardie be-
sluit is dat die vallei oor een van die langste populier lanings in die wêreld beskik. Vandag is bitter min van
hierdie oorspronklike lanings tussen die plase oor omdat dit ander nadelige gevolge gehad het.Navorsers en
proefhuurders het ewe min van die toestande van Vaalharts geweet.
Aanvanklik was boerdery moeilik en die proefhuurders het enige iets probeer. Eers, het hulle begin met bokke
hoenders en koeie en groente, maar daar was nie juis 'n mark vir groente nie. In die tweede jaar het
die eerste proefhuurders met saaier begin.R.G Pienaar die eerste proefhuurder op Vaalharts,het drie sakke
koring gesaai, maar weens die rou grond het hy slegs twee sakke geoes. Dr J Thomson die supertendent het
verskeie aanbevelings gemaak,maar die boere moes maar deur ondervinding uitvind wat die beste gewasse
sou wees vir Vaalharts.
Terwyl die oorlogswolke van die Tweede Wêreldoorlog swaar oor Europa gehang het,het die boere op
Vaalharts reeds op groot skaal met lusern,grondbone,aartappels,groente en graan geboer.Gedurende hierdie
tyd het die eerste proefhuurders se status verander na volwaardige huurders en geen verdere aansoeke is
is oorweeg nie om teruggekeerde soldate wat later veral by Maggagong en Hartsvallei gevestig is ook ge-
leentheid te gee sou hulle aansoek wou doen vir plase.
Teen 1942 was die meeste boere nie meer in die depressie -ellende vasgevang nie. Daar is op groot skaal
met alle gewasse geboer. Daar is toe besluit om 'n kooperasie te stig.Die Vaalharts Landbou Kooperasie is
op 13 Januarie 1944 gestig.
Dit was nie die laaste samewerking tussen boere nie en die Vaalharts Boere-Unie is 1950 gestig.
Met die aanvang van die skema sou Warrenton as hoofdorp dien. Die dorpsraad het egter die versoek
geweier. Teen 1938 was die eerste proefhuurders reeds gevestig en die Departement van Lande het aandag
begin skenk aan die stigting van 'n dorp. Borderstasie was deur privaat plase omring en 'n dorp kon nie daar
beplan word nie. Aansoek is gedoen by die spoorweg om die stasie 2,4 Km noordwaarts te skuif sodat 'n dorp
op staatsgrond beplan kon word. Gedurende 1953 het die staat Andalusia as dorp verklaar. Die naam het
later verander na Jan Kempdorp vernoem na Generaal Jan Kemp.
Gedurende die Tweede Wêreldoorlog is geen plase toegeken nie om na die oorlog ook soldate die geleent-
te gun. Daar is ook voorsien dat verdere proefhuurders in die Noordkanaal-gebied geplaas sou word en dat
nywerhede vir die verwerking van produkte sou ontstaan. Daarom is besluit om 'n dorp by Pokwani die mees
sentrale gebied te stig.Andalusia sou die administratiewe sentrum bly. Die oorspronklike naam sou Phokwana
wees,maar is later verander na Hartswater. Die dorpstitel is op 19 Mei 1944 uitgereik en die eerste erwe
is later per openbare veiling verkoop.
Vandag is die twee dorpe belangrike handelssentrums in die gebied.
Vaalharts Vallei Die Bibliografie van Hans Borman "Vaalharts"
|